MEMORISEERVERS

SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade

MATT 28:19 [NLV] JESUS KOM TOE NADER EN SÊ VIR SY DISSIPELS: “GOD HET DIE VOLLE MAG OOR HEMEL EN AARDE AAN MY TOEVERTROU.
GAAN DAN, MAAK AL DIE NASIES MY DISSIPELS, EN DOOP HULLE IN DIE NAAM VAN DIE VADER EN DIE SEUN EN DIE HEILIGE GEES.

DAGSTUKKIES – Dag 34

SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade

DAG 34 – JESUS MY KRAG

FIL 4:13 [NLV] Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee..

As Christus in ons woon is ons instaat om te wees wat Hy wil hê ons moet wees. Ek is nie ‘n produk van my opvoeding, samelewing of gebeure nie. Ek kan word wie hy wil hê ek moet wees. Ek kan doen wat Hy wil hê ek moet doen. Ek kan weerstand bied teen versoekings soos Hy wil hê ek moet. Ek kan wyse besluite neem in moeilike omstandighede. Ek kan elke aanslag hanteer omdat Hy binne my is. Ek kan geestelik groei omdat ek nie alleen staan nie. Ek kan word soos wat Hy is. Omdat Hy wat die wêreld oorwin het in my woon.

Rom 8:29 [NLV] Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word. Dit klink so groot en so onmoontlik. Maar hier is die sleutel, Hy maak jou dit deur Sy genade. As God na jou kyk sien Hy Jesus wat in jou woon, Hy sien volmaaktheid. Hoe bekom ek dit? Heb 12:2 [KJV] Looking unto Jesus the author and finisher of our faith. Hou jou oë op Hom wat die pad geskryf het en dit klaar vir ons geloop het. Ons neem dit in besit deur te glo dat Jesus se afgehandelde werk dit vir my bewerk het en ek in die oorwinning kan leef en wandel.

Jy is nooit alleen op hierdie Journey nie. Die Here sê: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie”
MATT 28:20 [NLV] … weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis. Daar is in jou lewe nie een oomblik wat jy nederlaag hoef te vrees nie. Jesus is die oorwinnaar en hy woon in jou en stel jou instaat om die wenne wat Hy vir jou behaal het, te leef. Al sou die vyand dink dat Hy jou neergevel het, staan jy op en wen omdat jou krag nie uit jouself is nie maar uit Hom wat vir jou gesterf het,sodat jy deur God se onverdiende genade geregverdig kan staan met geen veroordeling ook vir jou swakheid en jou struikel nie. Jy kan wen – jy sal wen as jy fokus plaas op Jesus en nie na die storm en stryd om jou kyk nie.

Gebed:
Vader, dankie dat dieselfde krag wat Jesus uit die dode opgewek het in my woon en dat dit my sterk maak. Dankie dat ek alles kan wen omdat U my bron van krag is. Dankie dat geen aanslag of nederlaag finaal is nie en dat ek in alle omstandighede kan opstaan en in die wen kan begin loop.

Oordink:
Niks kan my oorwin nie