DAGSTUKKIES – Dag 1

SY GENADE…My STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade…

DAG 1 – DIE FEES VAN DIE ONGENOOIDES

ALMAL is uitgenooi na die Fees van Genade. Om te kan deel in verhouding en intimiteit met Christus is vir almal beskore. Jesus verduidelik dit so…

MATT 22:1-5 [NLV] En Jesus het weer deur gelykenisse met hulle begin spreek en gesê: 2 Die koninkryk van die hemele is soos ’n koning wat ’n bruilof vir sy seun berei het 3 en sy diensknegte uitgestuur het om die genooides na die bruilof te roep, en hulle wou nie kom nie. 4 Weer het hy ander diensknegte uitgestuur met die boodskap: Sê vir die genooides: Kyk, my maaltyd het ek berei, my beeste en vetgemaakte vee is geslag en alles is gereed. Kom na die bruilof. 5 Maar hulle het hul daaraan nie gesteur nie en weggegaan, een na sy eie stuk land en ’n ander na sy handelsaak.

Almal het die geleentheid, maar almal respond nie op die uitnodiging na hierdie heerlike “Journey” van genade nie. Jesus gebruik hierdie beeld dat die Jode as volk geskies was, maar Nee gesê het.

Dan kom die uitnodiging aan die “buitestaanders”, die heidene. Die wat nie in die “ou verbond” ingesluit was nie. Die uitnodiging aan die almal. Almal wat dalk nie volgens Godsdienstige terme kwalifiseer nie.

MATT 22:8-10 [NLV] 8 Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie. 9 Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. 10 En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword.

Almal beteken almal en die Here bepaal die almal as self die wat dink hulle is nie waardig nie. Ons sien Jesus se stoppe en neem waar wie Hy nader trek.

MATT 11:18 -19 [nlv] “Want Johannes het nie wyn gedrink nie en hy het dikwels gevas. Toe het julle gesê: ‘Hy is van die duiwel besete.’ Ek, die Seun van die Mens, vier fees en drink wyn, en julle sê: ‘Hy’s ’n vraat en ’n dronklap, ’n vriend van die liederlikste sondaars.’ Ja, die toets vir die wysheid is die resultate wat dit voortbring.

Dank die Here vandag dat Hy uit genade by ons kon kom stop en ons verklaar as genooides om deel te hDank die Here vandag dat Hy uit genade by ons kon kom stop en ons verklaar as genooides om deel te hê aan die verlossing en saligheid wat Hy aan die kruis vir ons bewerk het.

Gebed:
Dankie Here dat U aan Almal gedink het wat my insluit. Dat dat ek kan deel aan die fees van U vryspraak, U teenwoordigheid en om U kind te kan wees.

Oordink:
Ek is uitgenooi.