DAGSTUKKIES – Dag 12

SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade

DAG 12 – DIE GEHEIM IS GEOPENBAAR

Kol 1:26-27 “naamlik die verborgenheid (geheim, mystery ) wat van die eeue en geslagte al verborge (weggesteek) was, maar nou geopenbaar is aan sy heiliges, aan wie God wou bekend maak wat die rykdom van
die heerlikheid van hierdie verborgenheid onder die heidene is, dit is Christus onder julle (within you and among you) , die hoop van sy heerlikheid.”

Hier is die sleutel tot ‘n lewe wat God tevrede stel. Mense dink dat hulle nooit by God se standaard kan uitkom nie, en hulle is reg. Daarom het God Sy geregtigheid op my geplaas en my vrygespreek van my sonde en my Sy kind gemaak. Nou woon Christus in my! Met die bewustheid is ek instaat om te leef soos wat God wil hê ek moet leef.

Jesus het nie gekom om ons in die Hemel te kry nie, Hy het gekom dat ons lewe en oorvloed kan beleef en dit is alleen moontlik as ons vanuit Hom leef en wandel. Hy word my fokus! Hy word dit waarom my lewe draai en ek kan relevant in die wêreld leef met die Here wat in my is en my deur Sy Heilige Gees die krag gee om die pad te loop en te wen. Dit is omdat Hy in my is dat ek hoop het op die wen!

“This mystery has been kept in the dark for a long time, but now it’s out in the open. God wanted everyone to know this rich and glorious secret inside and out, regardless of their background, regardless of their religious standing. The mystery in a nutshell is just this: CHRIST IS IN YOU, therefore you can look forward to sharing in God’s glory. It’s that simple. That is the substance of our Message.”

Christus se inwoning gee rigting aan jou Godsdiens. Kol 3:16 [NLV] Laat die rykdom van alles wat Christus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wysheid moet julle mekaar onderrig en mekaar die regte pad wys. Sing met dankbare harte psalms, lofgesange en geestelike liedere tot eer van God. Wat leer ons in die reeks? Dat God ons vryspraak gee, dit plaas my in ‘n lewende verhouding met God waar Jesus in my woon en my die regte pad help loop. Dit veroorsaak dat ek begin aanbid en sing! Laat die lied van Hom wat in jou woon in jou hart opspring en laat Sy Woord jou leefstyl bepaal.

Gebede:
Vader, dankie dat Jesus in my woon en dat dit my leefstyl bepaal. Nie ‘n klomp wette en reëls wat weer ‘n las op my plaas nie. Eerder ‘n bevryding wat so impak op my lewe het dat ‘n lied in my hart opspring en ek U wil aanbid!

Oordink:
Ek het hoop op die wenne omdat Jesus in my woon