SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade
DAG 23 – SOOS JESUS IS VANDAG, SO IS JY!
2 JOH 4:17 [AOV] Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.
Is dit nie wonderlik om te weet dat God jou nie oordeel volgens jou prestasie vandag nie? Inteendeel, Hy kyk na Jesus, en soos Jesus is, dis hoe Hy jou sien. Dit is waarvoor Hy die duurste prys ooit betaal het. As God se kinders hoef ons in die eerste plek nooit die dag van oordeel te vrees nie, deur die eenvoudige rede dat al ons sonde ten volle veroordeel was op die kruis en dat die prys daarvoor ten volle betaal is deur die bloed van Jesus!
Ons leef nou in ‘n volmaakte liefdesverhouding met ons genadige Hemelse Vader sonder vrees! Hoe lyk Jesus vandag? Efes 1:19-23 [NLV] Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat
glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk 20 toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het. 21 Nou is Christus hoog verhewe bo elke owerheid en gesag en krag en heerskappy, ja, elke noemenswaardige instansie, nie net in hierdie wêreld nie, maar ook in die wêreld wat kom. 22 God het alle dinge onder sy beheer gestel en Hom ook as Hoof van alles aan die kerk gegee. 23 Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in elke opsig met sy teenwoordigheid vul.
Ons verstand sukkel met hierdie waarheid. Skryf hierdie 2 tekse neer, memoriseer dit, oordink dit gedurig totdat jou hart dit begin glo. Soos Hy is, is ek in hierdie wêreld.
Ons staan volmaak in Hom en deur Hom is ons geregverdig asof ons nooit sonde gedoen het nie. Skoon, sonder veroordeling, vrygespreek.
Gebed:
Here, help my om in te sien hoe enorm die krag is wat U gebruik vir die wat glo. Dankie dat ek soos Jesus nou is omdat U na Sy afgehandelde werk kyk en nie na my werke nie. Dankie dat alles wat Jesus is nou in my woon deur die kragtige werking van U Heilige Gees.
Oordink:
Soos Hy is, is ek in hierdie wêreld.
