Hoekom moet ek meer weet van Genade?

Om in die “regte” verhouding met God te staan is beslis die grootste begeerte in my lewe. Dis iets waaroor ek soms gewonder, en selfs getwyfel het. Uit my ervaring van “kerk” was daar teenstrydighede oor die “hoe” en “wat” van ‘n ”regte” verhouding met God. Een oomblik hoor jy genade, dan hoor jy wet, dan hoor jy hoe verlore jy eintlik is en dat jy steeds ‘n helverdiende sondaar is…
Dit het my ‘n student van God se genade en Sy geregtigheid en liefde gemaak. Ek het ervaar dat die kerk ‘n ongemaklike verhouding met genade het en dat geregtigheid op God se manier mis verstaan word. Soms is die kerk bang vir God se radikale genade, omdat daar gevrees word dat mense ongehoorsaam sal wees, wangedrag sal herhaal en slegte gewoontes sal regverdig. Ek het ontdek dat as jy die Woord reg verstaan sal dit tot ‘n vry lewe van toewyding lei en jou tot intimiteit met God bring eerder as van Hom af wegdryf…
In hierdie reeks gaan ons poog om iets van die “regte” verhouding aan u te openbaar. Mag jy die vreugde van ‘n “VRYHEID” wat deur God se genade en Sy geregtigheid bewerk word beleef en mag jy altyd weet dat dit alles onverdiend is!
Die “Ontdek” van Genade is ‘n Journey.
……………………………………………………………
Elkeen is op ‘n ander plek in die pad van sy Journey van genade. Op my “Journey” is nie die tyd om druk op ander te plaas, of te roem in jou openbaring en ander se siening te verkleineer nie. Moenie spot met diegene wat jy dink agter jou is nie, ook nie skree op diegene voor jou nie. Onthou liefde heers op hierdie pad van genade. Laat Jesus elkeen se Herder wees, Hy lei ons, Sy Gees leer en begelei ons. Jy ontspan net en geniet die rit. En wees die hoflikheid vanself om ander toe te laat om dieselfde te doen. Begenadig is dié wat Sy genade verstaan.
My gebed is dat Jy Genade, Geregtigheid en die feit dat Christus in jou woon sal snap en dat jy dan op hierdie journey van genade sal begin stap en leef soos een wat dit beleef het en vir wie dit ‘n werklikheid is.


Laai hier die reeks se dagboekie, in pdf-formaat, af vir die dagstukkies vir elke dag tydens die reeks.
Video-opnames & Preeknotas


Fees van die Ongenooides
Video-opname
Preeknotas

Wat is so amazing van Genade?
Video-opname
Preeknotas

Op watter stoel sit jy?
Video-opname
Preeknotas

Het vryspraak ‘n vervaldatum?
Video-opname
Preeknotas

Weg met skuld en skande
Video-opname
Preeknotas