DANKBAAR
Dag 4
Efesiërs 5:3-4 (NLV) – Soos dit pas by mense wat aan God behoort, moet daar onder julle geen sprake wees van seksuele sondes, immorele optredes of gierigheid nie. 4 Ook skurwe stories, ligsinnige praatjies en vulgêre grappe pas nie by julle nie. Wat by julle pas, is om God te dank.
Om liefde uit dankbaarheid te doen beteken nie net om jou dank uit te spreek nie, maar ook om as Christen invloedryk en reg te leef. Dit kom daarop neer om al meer die sondige gewoontes van die ou lewe agter te laat.
Deur ons lewenswyse waarin daar geen sprake is van seksuele sondes, immorele optredes of gierigheid nie, en waarin daar nie skurwe stories, ligsinnige praatjies en vulgêre grappe by ons mond uitkom nie, leef ons die invloed van Jesus in ons lewens ryklik uit in ons vriendekringe en wyer gemeenskap waarin ons ons bevind.
Wanneer ons egter wel sou meedoen aan bogenoemde optrede vorm en raak dit my identiteit, terwyl ek nie nodig het om enigiets anders te wees as myself nie, omdat my identiteit in Christus is. Daarom kan ek tevrede wees met dit wat God besluit het om deel van my lewe te maak. Ek begeer niks meer nie, en ek praat ook nie op ’n wêreldse manier nie. Mense moet my nooit kan beskuldig van enige van hierdie dinge nie, want dan staan ek uit en wys ek aan die wêreld die Christelike alternatief.
Die teenvoeter vir die negatiewe, die verkeerde woorde of praatjies, is dank aan God. Dit is wat ’n Christen se hele lewe behoort te kenmerk. Christenwees en dankbaarheid gaan hand-aan-hand en saam dui dit op ’n tevrede mens, wie se lewe totaal oorgegee is aan Jesus om deur hom/haar invloedryk God se koninkryk te laat kom.
’n Heilige lewe word gekenmerk deur opregte dankbaarheid en tevredenheid.
Gebed:
Here, maak my lewe al meer ’n toonbeeld van heiligheid, dankbaarheid en tevredenheid en help my dat liefde, eerste doen, die ritme van my lewe word asseblief. Amen.
Liefde Doen:
Wat is daar in jou lewe wat nog tekens is van ondankbaarheid omdat dit onheilig en wêrelds is?