SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade…
DAG 3 – ERVAAR DIE LIEFDE WAT DIE VERLORE SEUN BELEEF HET WAT HUIS TOE GEKOM HET
Luk 15:20[NLV]
Hy het dus teruggekeer huis toe na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen.
Ons kan nie God se liefde indink. Die verhaal van die “verlore seun” beeld dit uit. Die seun het sy pa dood verklaar en sy erfporsie aangevra. Hy het dit gaan deurbring in ‘n vêr land met hoere en in losbandigheid. Hy het alles verloor en besluit om huis toe te gaan en ‘n dienskneg vir sy pa te wees. Dan sien ons wanneer hy terugkeer, het sy pa hom sien aankom en oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen. Dit is God se hart!
Rom 5:8-9 [NLV] God laat blyk sý liefde vir ons egter daarin dat Christus vir ons kom sterf het ten spyte daarvan dat ons nog sondaars was. Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie!
Jy is nie ‘n minderwaardige kind oor jy foute begaan het en verkeerde keuses gemaak het nie. Hy veroordeel ons nie en laat ons ook nie in die toekomstige oordeel val nie. Hy herstel ons ten volle! Daar is nie sekere stappe waardeur jy moet gaan om weer ‘n erkende kind van God te wees nie. Hy plaas jou nie onder tug en sensuur vir jou foute as jy met berou na Hom terugkeer nie.
Die seun het in varkhokke gewerk, ‘n lang pad geloop en moes sekerlik nie skoon gewees het nie. Sy pa het nie die voorwaarde geplaas dat hulle eers sy vuil moes hanteer nie. Dat hy eers deur ‘n proses van herstel moes gaan, homself eers moes bewys of sekere belydenisse publiek aflê of homself eers moes bewys nie.
Luk [NLV] 15:22-23 “Maar sy pa sê vir die bediendes: ‘Gou, bring die mooiste mantel in die huis, en trek dit vir hom aan. Kry ’n ring vir sy vinger, en sandale vir sy voete. 23En slag die kalf wat ons in die kraal vet maak. Ons moet feesvier.
Dis tyd om fees te vier! Die lewe as verloste te geniet. Die nuwe klere van geregtigheid aan te trek sodat dit jou ongeregtigheid kan bedek en weg neem. Om op te staan en as geregverdigte te lewe!
Gebed:
Vader, dankie dat U liefde my verstand te bowe gaan. Dankie dat U anders werk as mense. Dankie dat U vir my lief was toe ek nie waardig was en nou dat ek U kind is vir my lief bly en U my beklee met geregtigheid. Iets wat groter en wonderliker is as wat ek ooit kon droom.
Oordink:
Jy het nuwe klere, klere van geregtigheid, jou Vader het dit vir jou aangetrek
