DAGSTUKKIES – Dag 4

SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade…

DAG 4 – KOM SOOS JY IS

Psalm 30:12 [NLV] U het my droefheid verander in ‘n dans van vreugde. U het my rouklere weggeneem en my met vreugde geklee.

Onthou vandag dat jy ‘n gunsgenoot van God is vanweë Sy groot GENADE. Al is jou lewe tans deurmekaar en dalk ‘n gemors. Hy kan jou gemors vat imsel omswaai in iets pragtig en wonderlik. Kom soos jy is.

Ons wil elke keer terugkeer na werke en dan verloor ons tyd saam met God. Jy kan nie dit self doen nie, jy het die GENADE van God in jou lewe nodig! Dis net Hy wat van ‘n gemors ‘n getuienis kan maak. Baie imself te gereeld: “Laat ek net eers my lewe weer agtermekaar kry dan sal ek die Here dien, of vir die Here werk, of toelaat dat Hy my gebruik.”

Jy is imsel, regverdig en skoon vanweë die feit dat jy gewas is deur die bloed van Jesus en nie vanweë jou goeie pogings nie. Niks imself niks minder. Kom soos jy is na die Here. Hy is die bad. Hy sal jou skoon en heel maak. Hy sal rigting aan jou lewe gee. Hy sal jou losmaak van elke slegte gewoonte. Kom klim in die bad van Sy GENADE!

Onthou jy kan jouself nie imsel en aanvaarbaar maak vir God nie, dit is net die bloed van Jesus. Ek beleef die ims van die Here om een rede: die GENADE van God is oor my! Ek staan geregverdig voor God omdat ek GENADE gesmaak het toe ek my hart vir die Here oopgemaak het. Onthou die Here is te ims vir jou om jou te los soos jy is. Jy kan dus die verwagting hê dat jou lewe gaan verander en dinge gaan aangeraak word wat tans ‘n gemors is. Jy word deur Jesus geregverdig voor God geplaas en God ims jou vir wie jy in Christus is.

Gebed:
Here Jesus, U GENADE red die slegste van alle sondaars! Dankie dat U my ook red! Dankie dat ek kan kom soos ek is en weet U kan my lewe heeltemal verander. Ek weet dat U my lewe gaan raak op selfs die terreine waar ek tans dink dat dit ‘n gemors is. U bloed maak my regverdig en maak my heel en skoon. U onbeskryflike GENADE maak my vry van elke saak wat steeds in my lewe herhaal. U maak my gesond van elke siekte! U vul my hart met U vrede!

Oordink:
Niemand maak imself eers skoon voordat hy bad nie. Kom dus soos jy is na Jesus – die bad wat skoonmaak – net soos jy is!