DAGSTUKKIES – Dag 28

SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade

DAG 28 – OEFEN OM VANUIT SY TEENWOORDIGHEID OP TE TREE

Hand 17:27b-28a [NLV] Nie dat Hy ver van enigeen van ons af is nie. Dis tog juis deur Hóm dat ons leef, beweeg en bestaan.

Ons leef soms asof die Here vêr en ‘n abstrakte begrip is. Een wat net by groot krisisse en nood moontlik sal betrokke raak as ons reg bid, sekere formules nakom en reg leef. Met ander woorde as ons dit verdien. Ons hele bestaan is in en deur Christus.

Ons moet oefen om vanuit ‘n bewustheid van Sy teenwoordigheid te begin leef. Hy is nie ver van enige een van ons. Party soek Hom op plekke, kerke en formules terwyl die here deur Sy Gees in ons woon. Ons moet leer journey vanuit hierdie bewustheid. Christus woon in my en daarom kan ek wen, daarom is ek geseen met wysheid op elke terrein van my handel en wandel hier op aarde. Leer om afhanklik van Sy krag en leiding te beweeg, jou lewensbetaan uit te leef en sterk te loop deur Sy krag.

Nou moet ons oefen om op te tree vanuit hierdie werklike teenwoordigheid. Paul Yonggi Cho het ‘n boek geskryf, “Good morning Holy Spirit”. Leer om dit elke dag en daagliks te doen. Nooi die Heilige Gees in jou alledaagse lewe in en sien hoe dat jou resultate begin verander binne jou storms, stryd, versoekings, verhoudings en besluitnemings. Jy sal soos Dawid kan uitroep: “Al gaan ek deur ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie, want U is met my”.

Maak jouself bewus van hierdie werklikheid totdat jy geoefen is om vanuit Sy teenwoordigheid op te tree.

Gebed:
Hemelse Vader van Liefde en genade ek dank U dat ek ‘n tempel is van U Heilige Gees. Dat U gekies het om my U woonplek te maak. Dankie dat ek nie alleen en op myself aangewese hier op aarde in my alledaagse lewe en my storms om self besluite te maak, self my volgende tree te bepaal en self my bestaan uit te klaar nie. Dankie dat ek op U kan staatmaak om my journey saam met my te loop en dat U nie een oomblik ver van my af is nie. Help my om deur U Gees op te tree en agter te kom dat dit bevrydend in my alledaagse wandel meewerk.

Oordink:
Ek is nie op myself aangewese vir my bestaan, ek kan leef deur die krag van die Heilige Gees hier en nou.