DAGSTUKKIES – Dag 35

SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade

DAG 35 – GEWEN DEUR GOD SE GENADE

Rom 6:14 [NLV] Die sonde mag hoegenaamd nie oor julle heerskappy nd nie. Julle leef immers nie meer onder die verslawende mag van die wet nie, maar onder die bevrydende mag van die GENADE.

Omdat ons nou weet dat God se GENADE glad nie veroordeel nie, baan dit nie die weg of die pad van sonde loop nie. Sonde se mag wat die wet was is verbreek! Die wet wat maak nd at doen wat ons amper nie wil nie. Dit was nie die wet wat jou na Christus en Sy verlossende krag toe geroep het nie maar GENADE! Al jou ou natuur dinge was nie oornag weg nie, maar die LIEFDE en GENADE van God is besig om jou te nd at mer. Jou gedagtegang verander van SONDAAR na die van KIND VAN GOD. So word jy deur GENADE van binne af verander en oorgewen en vernuwe! Nou volg die vrug wat by bekering pas in jou lewe. Jy het God se GENADE gesmaak en begin anders dink en doen! Want soos jy dink so doen jy!

Dit is Jesus wat ons deur Sy onbeskryflike GENADE die krag gee om nie meer te sondig nie. Om nie meer onder die verslawende mag van die wet te wees nie. Om onder die bevrydende mag van GENADE te begin lewe. Die fout wat die kerk vir jare gedoen het was om mense na die Here te lei, hulle te vertel van GENADE en dan weer onder die verslawende mag van die wet te plaas deur ‘n stel nd a neer te lê. Dit is Jesus wat jou sal help om die pad van GENADE met waardigheid te loop. Hy sal deur Sy GEES jou oortuig van SONDE en jy sal weet om weg te draai en die krag beleef om dit te kan doen. Toe die vrou wat op owerspel betrap was voor Jesus gestaan het, het Hy haar nie veroordeel nie.

Joh 8:10-11[NLV] Toe Jesus weer orent kom, het Hy vir haar gesê: “Vrou, waar is hulle heen? Het nd at jou veroordeel nie?” Sy het geantwoord: “Niemand nie, Meneer.” Jesus sê toe vir haar: “Ook Ek veroordeel jou nie. Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

Die wet kan jou nie nd at nd at jou verlos van SONDE nie. Die krag om nie verder met SONDE in jou lewe te leef kom deur bewus te wees van God se onbeskryflike GENADE. Ons gelese vers sê: “Julle leef immers nie meer onder die verslawende mag van die wet nie, maar onder die bevrydende mag van die GENADE.” GENADE bevry!!

Gebed:
Vader, ek dank U dat ek bevry kan wees van elke verslawende mag van sonde, versoeking en slegte gewoonte vanweë U oorvloedige GENADE in my lewe. Dankie dat ek kan begin leef vanuit hierdie GENADE nd at GEEN wet my meer kan vashou in die mag van sonde nie. Dit is U onbeskyflike GENADE wat my bevry van binne na buite. Van sukkel na wen! Wat my verander van heerlikheid tot heerlikheid. U GENADE bevry my vandag om nooit weer ‘n slaaf van enige iets te wees nie.

Oordink:
Om Christus te ken maak my regverdig los van my werke en gee my die vermoë om sonde te wen.