Liefde Doen – Week 2 Dag 5

DOEN EERSTE
Dag 5

Hand 20:35 [nlv] Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.

Daar is ’n vreugde en ’n vervulling en ek wil by sê: “’n heel word” deur eerste te doen. Daar is iets in die momentum van ’n INVLOEDRYKE lewe wat nie net vervulling bewerk nie, maar lewensvreugde!

Daar is min dinge wat soveel energie losmaak as mense wat stap en ander eerste groet, mense se lewens raak leef, aksie neem en trajekte van ander se dag en lewens verander. Die woorde waarna in die gedeelte van Jesus verwys word, praat van ’n nuwe manier van lewe. Ek haal die Engelse vertalings moontlikhede aan omdat dit omskrywend is (happy, to be envied, and spiritually prosperous—with life-joy and satisfaction in God’s favour and salvation, regardless of their outward conditions)

Dit is ’n manier van lewe wat God se hart en wese aan mense om ons sal openbaar. Die “Saliger om te gee” het dan ’n INVLOED nie net op my nie, maar op die atmosfeer om my en die lewens wat deur my eerste doen, geraak word.

Ons kan deur eerste te doen ons lewenswêreld transformeer en ’n gemeenskap, een vir een, dag vir dag, om ons raak leef met die liefde van God.

Memoriseer genade!!

Gebed:
Here, hier is my lewe, my hande, my voete en beslis my hart! Gebruik my en doen in en deur my eerste!

Liefde Doen:
Kies ’n persoon, ’n gesin, ’n projek en meld aan en doen!