SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade
DAG 41 – OMDAT JESUS IN MY WOON – WOON MY BRON IN MY
JOH 15:7 [AOV] As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.
Twee sake van belang. Ten eerste is dat die verbinding aan Christus die keuse van jou en my is. Ons moet daagliks kies om aan Hom verbind te bly. Ons moet daaop staatmaak dat dit Hy is wat ons geregtigheid bewerk het en dat dit Hy is deur wie ons lewe. Die [NLV] As julle aan My verbind bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.
Tweedens moet God se woorde in jou bly. Nie jou insig en oorlewering van Godsdiens nie, want dit beroof ons van die wonderlike seëninge wat daar is in Jesus. Ons kan nie na God kom met ons eie Godsdiens en verwag dat God daarop moet reageer en ons daarvolgens seën nie.
God se voorsiening sal ons deel wees! Hy verbind Hom daartoe om vir ons as Sy geregverdigde kinders te sorg en te dra. Ons glo eerder die leuen van menslikke insette as om te glo dat God ons wil seën en wil gee die begeertes van ons harte.
Efes 1:3 [NLV] Deur wat Christus gedoen het, het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is. Die sleutel is geleë in wat Christus gedoen het en nie in jou wettiese nakom van formules wat mense op jou pad gebring het nie. My seën hang beslis nie af van of ek alles regdoen nie, want as mens kan ek nie alles regdoen nie, maar die volmaakte leef nou in my. Ek is Sy tempel en hy stel my instaat om deur my verbondenheid aan Hom deel te hê aan Sy hemelse seëning.
Gebed:
Vader, dankie dat omdat Jesus en Sy woord in my woon ek nou nie as weeskind ‘n lewe van swaarkry hoef te leef nie. Ek dank U dat U die bron van alles is! Alles wat ek nodig het na gees, siel en liggaam nou in my woon en dat ek mag vra. Ek vra nou dat U my sal help om elke dag vanuit U seëninge te begin leef . Dankie dat as U my bron is, het ek oorvloed.
Oordink:
Jesus leef in my, ek het alles wat ek nodig het