DAGSTUKKIES – Dag 37

SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade

DAG 37 – LEEF VANUIT HIERDIE LIEFDE DAAGLIKS

Joh 3:16 [NLV] God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

God wil hê dat jy altyd moet leef met die wete dat Hy jou buitesporig lief het. Jy moet daaruit leef en toelaat dat dit jou lewe voed. Bely dit daagliks: “God het my buitensporig lief”. Leef vanuit die wete dat God se liefde, genade en volmaakte aanvaarding van jou deur Sy onverdiende Genade ‘n groot werklikheid is en dat jy daaruit kan leef.

Deur dit te doen voed jy jou geloof dat die verhouding tussen jou en God onafskeidbaar is. As jy van Sy liefde bewus bly sal jy minder foute en minder verkeerde keuse begaan. Jy gaan die krag besit om deur moeilike tye te gaan sonder om te wonder waar die Here is want jy weet dat Sy troue liefde met jou is en dat dit genoeg is om jou deur te dra deur die grootste krisisse en elke storm wat ook al jou pad langs mag kom.

As jy van God se liefde bewus is, verwag jy die goeie. Jy moet dit vasmaak in jou hart. 1 Joh 3:17 [NLV] Dan sal Christus deur die geloof in julle harte woon, en sal julle in God se liefde gewortel en gegrondves wees.

Dit veroorsaak dat jy standvastig loop. Dan sal die mense om jou deur hierdie liefde beinvloed en hulle sal daarvan bewus kan wees. Jy fokus nie op jou uitdagings maar op jou liefdevolle Vader wat omgee en jou met genade liefhet en sal deurdra. Dit maak jou ook sterk in tye van versoekings. Jy loop sterker met die wete ook dat jy van God as jou Hemelse Vader, wat vir jou lief is, mag vra.

Ja, God se liefde skyn oor almal. Maar as daar verhouding van Liefde is, is dit anders. Sterk jou geloof met die wete dat God is lief vir jou en dat Hy jou nooit alleen sal los nie en die werk wat Hy in jou begin het sal klaarmaak.

Gebed:
Vader, dankie dat ek U geliefde kind is, kosbaar in U oë. Omdat U God is kan U die wêreld liefhê, maar vir my persoonlik. U liefde vir my maak my sterk en gee aan my die innerlike krag om gegrond te wees sodat ek nie deur die lewe rondgeslinger word nie. Dankie dat as U kind word ek ‘n erfgenaam van U wonderlike seëninge en gaan my lewe dit aan die mense om my begin toon

Oordink:
Ek kan God vir groot en klein dinge vertrou. As dit vir my saak maak, maak dit vir God saak omdat ek Sy geliefde is.