Ons bied vir almal ‘n ruimte om te ‘connect’
By Dei Gratia kan jy kom soos jy is dat God jou kan ontmoet waar jy is, ongeag waar jy op jou Journey van Genade is…
Hierdie kerk se deur staan oop vir alle mense, van alle agtergronde ongeag van waar hulle is op hulle geestelike journey.
CONNECT met ons…

Kom BELEEF ‘n eg, onweerstaanbare ervaring van kerkwees.
Sondag 9:30 in persoon of aanlyn op Facebook & YouTube
Episode 18 – 28 Okt ’26
Vorige gesprekke

– Die Middele
YouTube, Facebook & Preeknotas
“Live” Streaming

Sondag 9:30
Vorige Byeenkomste se Videos is
beskikbaar op ons YouTube channel

elkEEN wen EEN

Wat as ons vir ’n oomblik al die prentjies wat ons van kerk het, eenkant toe skuif en weer ontdek wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het: “Ek sal my kerk bou”?
Dalk is die kerk soveel meer as ’n gebou, ’n byeenkoms of ’n instelling. Dalk gaan dit oor mense wat aan Jesus behoort, deur Hom verander word en deur Hom ’n verskil in ander se lewens maak.
Ons gaan nie kerk toe nie. Ons ís die kerk.
En wanneer ons dit begin verstaan, ontdek ons dat kerkwees nie net gaan oor waar ons bymekaarkom nie, maar oor hoe ons leef, liefhet, dien en hoop bring waar ons ook al beweeg.
Miskien is dit tyd om nie net ons prentjie van kerk te bevraagteken nie, maar om weer verlief te raak op die Kerk van Jesus.
Want Sy Kerk is nie bloot iets waaraan ons behoort nie. Dit is deel van wie ons is en hoe Hy deur ons die wêreld aanraak.
Week 4 – Die Middele: waarmee dien ons?
- DAGSTUKKIE Week 4 – Dag 5
INVLOEDRYK – elkEEN wen EEN
DAG 5 – ’N LEWE WAT GEE
“Julle moet dus die voorbeeld van God volg soos geliefde kinders, en leef in liefde…” Efesiërs 5:1–2
“The most meaningful lives are often the ones spent giving themselves away.”
Ons kan ’n lewe bou rondom wat ons versamel.
Meer geld. Meer goed. Meer sukses. Meer erkenning. Meer gerief.
Of ons kan ’n lewe bou rondom wat ons gee.
Meer liefde. Meer genade. Meer tyd. Meer diens. Meer hoop. Meer van onsself.Aan die einde van die dag is die vraag nie net: “Wat het ek bygekry?” nie.
Miskien is ’n beter vraag: “Wie se lewe is beter omdat ek daar was?”Dit is die hart van vrygewigheid.
En dit gaan veel verder as geld.
’n Ma wat tyd maak vir haar kind.
’n Man wat na sy vrou luister.
’n vriend wat aanhou bel.
’n buurman wat help.
’n werknemer wat iemand anders laat groei.
’n Christen wat sy gawes gebruik om ander te dien.’n kerk wat nie net vra wat mense vir hom kan doen nie, maar vra: “Wat kan ons vir ons wêreld doen?”
Jesus het nie ’n lewe van ophoping vir ons gewys nie.
Hy het ’n lewe van uitgiet gewys.
En dalk is dit die uitnodiging vir hierdie week:
Moenie net vra wat jy uit die lewe kan kry nie.
Vra: “Wat kan ek in hierdie lewe gee?”
Want ’n lewe wat gegee word, raak ’n lewe wat betekenisvol word.Refleksie:
As jy aan jou lewe dink, waarvoor wil jy hê moet mense jou uiteindelik onthou: vir wat jy besit het, of vir wat jy vir ander gegee het?





Lewensverryking
MEER oor ons

Ons skep ‘n ruimte vir almal om ‘n eg onweerstaanbare ervaring van kerkwees te beleef.
Ons doel is om omgewings te skep waar mense aangemoedig en toegerus word om intimiteit met God te beleef ongeag die ‘pathway’ waarmee hy/sy tuis voel, gemeenskap met die binnekringe van Dei Gratia te beleef, en ongekende genade na buitestaandes te neem.
Hier sal jy ‘n plek vind waar jy warm verwelkom word, met liefde en sonder veroordeling benader word en tuis sal voel. Tydens ons byeenkoms sal jy ongeforseerd die Here kan aanbid, Bybelse waarhede onverskrokke kan hoor op ‘n maklike verstaanbare formaat.
Wat BIED ons jou?
Ons skep plek vir almal vanaf ons peuters, kleuters, kinders, tieners, young adults en seniors om op hul vlak bedien te word
Waar kan ek BETROKKE raak?
Ons skep die plek en die geleentheid vir jou om jou ander te dien en jou bediening uit te leef
Wat DOEN ons?
Ons reik uit en help wanneer mense in nood verkeer.
Ons wil mense toerus om in die wêreld te kan lewe
Oktober

Registreer Dei Gratia App
Dei Gratia App – setup link
KONTAK ons
E-pos: admin@dei-gratia.org.za
Sel: 079 785 3581
Byeenkomste & Kantoor:
Boylestraat 12
Pierre van Ryneveld,
0157,
Pretoria
BYDRAES, Bankbesonderhede en DebietOrder


Naam: Dei Gratia
Bank: FNB
Rekening: 6238 0746 374
Tak: 250 655































