Ons bied vir almal ‘n ruimte om te ‘connect’
By Dei Gratia kan jy kom soos jy is dat God jou kan ontmoet waar jy is, ongeag waar jy op jou Journey van Genade is…
Hierdie kerk se deur staan oop vir alle mense, van alle agtergronde ongeag van waar hulle is op hulle geestelike journey.
CONNECT met ons…

Kom BELEEF ‘n eg, onweerstaanbare ervaring van kerkwees.
Sondag 9:30 in persoon of aanlyn op Facebook & YouTube
Episode 16 – 14 Okt ’26
Vorige gesprekke

– Die Boodskap
YouTube, Facebook & Preeknotas
“Live” Streaming

Sondag 9:30
Vorige Byeenkomste se Videos is
beskikbaar op ons YouTube channel

elkEEN wen EEN

Wat as ons vir ’n oomblik al die prentjies wat ons van kerk het, eenkant toe skuif en weer ontdek wat Jesus bedoel het toe Hy gesê het: “Ek sal my kerk bou”?
Dalk is die kerk soveel meer as ’n gebou, ’n byeenkoms of ’n instelling. Dalk gaan dit oor mense wat aan Jesus behoort, deur Hom verander word en deur Hom ’n verskil in ander se lewens maak.
Ons gaan nie kerk toe nie. Ons ís die kerk.
En wanneer ons dit begin verstaan, ontdek ons dat kerkwees nie net gaan oor waar ons bymekaarkom nie, maar oor hoe ons leef, liefhet, dien en hoop bring waar ons ook al beweeg.
Miskien is dit tyd om nie net ons prentjie van kerk te bevraagteken nie, maar om weer verlief te raak op die Kerk van Jesus.
Want Sy Kerk is nie bloot iets waaraan ons behoort nie. Dit is deel van wie ons is en hoe Hy deur ons die wêreld aanraak.
Week 2 – Vir Ander: Waarvoor bestaan ons?
- DAGSTUKKIE Week 2- Dag 5
INVLOEDRYK – elkEEN wen EEN
DAG 5 – ’N LEWE WAT ANDER MENSE RAAK
“Laat julle lig so voor die mense skyn dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Matteus 5:16
“Your life is your message.”
Ons dink soms dat invloed iets groot moet wees. ’n Groot platform. Baie volgelinge. ’n Belangrike posisie. ’n Groot bediening.
Maar Jesus praat van iets baie eenvoudiger: Laat jou lig skyn. Nie net op ’n verhoog nie.
By die huis.
By die werk.
In die verkeer.
In die winkel.
In jou huwelik.
Met jou kinders.
Met jou kollegas.
Met die persoon wat jou irriteer.
Dit is waar invloed begin.
Jy hoef nie die wêreld te verander om iemand se wêreld te verander nie.
Miskien verander jy vandag net een persoon se dag.
Miskien luister jy.
Miskien vergewe jy.
Miskien gee jy.
Miskien stuur jy daardie boodskap.
Miskien maak jy plek aan jou tafel.
Miskien kies jy om nie terug te baklei nie.
Miskien help jy iemand wat niemand anders RAAKsien nie.Ons hoef nie altyd te weet watter effek ons het nie.
Ons taak is om getrou te wees met die lig wat God reeds in ons geplaas het.
Invloedryk wees beteken nie dat almal jou ken nie.
Dit beteken dat iemand se lewe anders lyk omdat jy daar was.Refleksie:
As jy vandag net een persoon se lewe ’n bietjie beter kon maak, wie sou dit wees — en wat kan jy prakties doen?





Lewensverryking
MEER oor ons

Ons skep ‘n ruimte vir almal om ‘n eg onweerstaanbare ervaring van kerkwees te beleef.
Ons doel is om omgewings te skep waar mense aangemoedig en toegerus word om intimiteit met God te beleef ongeag die ‘pathway’ waarmee hy/sy tuis voel, gemeenskap met die binnekringe van Dei Gratia te beleef, en ongekende genade na buitestaandes te neem.
Hier sal jy ‘n plek vind waar jy warm verwelkom word, met liefde en sonder veroordeling benader word en tuis sal voel. Tydens ons byeenkoms sal jy ongeforseerd die Here kan aanbid, Bybelse waarhede onverskrokke kan hoor op ‘n maklike verstaanbare formaat.
Wat BIED ons jou?
Ons skep plek vir almal vanaf ons peuters, kleuters, kinders, tieners, young adults en seniors om op hul vlak bedien te word
Waar kan ek BETROKKE raak?
Ons skep die plek en die geleentheid vir jou om jou ander te dien en jou bediening uit te leef
Wat DOEN ons?
Ons reik uit en help wanneer mense in nood verkeer.
Ons wil mense toerus om in die wêreld te kan lewe
Oktober

Registreer Dei Gratia App
Dei Gratia App – setup link
KONTAK ons
E-pos: admin@dei-gratia.org.za
Sel: 079 785 3581
Byeenkomste & Kantoor:
Boylestraat 12
Pierre van Ryneveld,
0157,
Pretoria
BYDRAES, Bankbesonderhede en DebietOrder


Naam: Dei Gratia
Bank: FNB
Rekening: 6238 0746 374
Tak: 250 655




























