Babas & Peuters

GENADELAND – “Babas” tot 3jr
Vir die ouers met babas en woelige peuters, is daar ‘n ruimte met speelgoed en slaapgeriewe vir die babas.
Die byeenkoms is op GROOTSKERM TV. Heerlike koffie, tee en water vir ouers en speeltuin vir die kids.
Private Baba borsvoeding, doeke ruil en slaap gerief is beskikbaar.
Kinderstad – Kleuter tot Gr
Ons Kinderbediening bied ‘n veilige en stimulerende ruimte vir kinders om God te leer ken, hulself as geestelike wesens te ontdek en ‘n verhouding met Hom te begin ontwikkel.

UHAMBULAND
Zoeloe vir stap saam
Kleuter tot graad ‘R’
‘n Weeklikse omgewing vir kinders [ pottie trained tot voorskool] waar hulle deur veilige ontvangs, interaktiewe aanbidding, kleingroepfasilitering en kreatiewe les aanbiedings [stories, drama, poppespel en media] die liefde , waarde en genade van God op ‘n praktiese en prettige manier ervaar.

ZOE
Grieks vir Lewe
6jr – Gr 3
‘n Weeklikse omgewing vir kinders, waar hulle deur veilige ontvangs, interaktiewe aanbidding, kleingroepfasilitering en kreatiewe les aanbieding [ stories, drama, poppestel en media] leer oor hul identiteit, verhoudings en die lewe saam met Jesus op ‘n praktiese en prettige manier ervaar.

JAM
Jesus and me
Gr 4 – Gr 6
“n Dimaniese weeklikse omgewing vir kinders, waar hulle deur veilige ontvangs, interaktiewe aanbidding, kleingroepfalisitering en kreatiewe les aanbiedings [ stories, drama, poppespel en media] die Bybel op ‘n lewendige manier ervaar en leer oor hul identiteit, verhoudings en die lewe saam met Jesus.

Gr 7 tot Gr 12

GO
Be the change
Gr 7’s
Die ruimte vir die gr 7 leeder. Oppad na tienerfase ontdek die kids die Here as hulle saligmaker deur skeppende lesse en deelname.

PULSE – Tieners
Tieners leer stap binne die Hartklop van Genade
Gr 8 – Gr 12
‘n Saamwees waar tieners die Hartklop van Genade ontdek en leer hoe om hul gawes in ons wêreld te gebruik, om genade uit te dra en met ander te connect.
Die PULSE byeenkomste is opwindend en fun!
