DAGSTUKKIES – Dag 43

SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade

DAG 43 – BELEEF GOD SE GUNS EN TEENWOORDIGHEID ONGEAG VAN JOU OMSTANDIGHEDE

Psalm 139:7-10 [NLV] Waarheen sou ek kon gaan om u Gees te ontwyk? Of waarheen sou ek kon uitwyk om u teen-woordigheid te ontvlug? 8 Gaan ek op na die hemel toe, is U daar; gaan lê ek in die doderyk, dan is U ook daar! 9 Vlieg ek met die daeraad na die ooste, of gaan woon ek in die verre weste, 10 selfs daar sal u hand my lei, en u regterhand my ondersteun.

Heb 13:5 se belofte is dat God se teenwoordigheid altyd met ons op ‘n konstante basis sal wees. God se guns en teenwoordigheid is nie gebasseer op ons uiterlike omstandighede nie. Ons lewe te bewus van omstandig- hede en te onbewus van God se teenwoordigheid in ons lewens. Weet jy vandag dat die Here jou nooit alleen sal los nie? Weet jy vandag dat al gaan jy deur watter omstandighede sal jy altyd kan seker weet dat die Here by jou is.

As jy kan leer om vanuit God se teenwoordigheid in jou lewe te leef en altyd die seker wete in jou hart te hou dat jy nie alleen is nie, gaan jou daaglikse wandel met die Here net soveel sterker wees. Jy gaan minder jouself blootstel aan situasies waar jy skade aan jou verhouding kan doen omdat jy weet dat waar jy ook al is en waarmee jy ookal besig is, sal die Here by jou wees en gereed wees om jou te help, beskerm en te lei. Moenie net as die storms kom die handoek ingooi en sê ek is oorwin nie en God is nie by my nie. Dawid roep dit uit in Psalm 23 “Wanneer ek loop in ‘n baie donker kloof, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my. U stok en u staf beskerm en ondersteun my.”

Dis die wete dat ek nooit alleen is wat my nie net help om die storms van die lewe tromp-op te loop nie, maar ook om die krag uit God se teenwoordigheid te put om vas te hou en aan te hou en te wen! In plaas van om bitter te word , hou jou vertroue in die Here. Jou suksesse en wenne is verpak in God se teenwoordigheid in jou lewe en ons moet oefen om bewustelik vanuit hierdie teenwoordigheid te journey. As jy kan oefen om nie te buig voor jou omstandighede nie en bewus te lewe in die teenwoordigheid van die Here sal jy die wenne begin beleef. Wat jy doen vanuit hierdie teenwoordigheid sal voorspoedig wees.

Gebed:
Vader, help my om gedurig bewus te wees van U teenwoordigheid, ongeag van waar in en waar ek myself bevind. Help my asseblief om altyd te onthou dat U by my is en my nooit alleen los nie. Dankie dat as gevolg van U guns in my lewe ek suksesvol in hierdie dag sal wees!

Oordink:
God se teenwoordigheid in my lewe sal my help om suksesvol te lewe ongeag van die posisie of die plek waar ek myself bevind.

DAGSTUKKIES – Dag 42

SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade

DAG 42 – JY KAN REG KIES

Psalm 1:1 [NLV] Gelukkig is die mens wat nie loop volgens die raad van Goddeloses, of staan op die pad van sondaars, of sit in die vergadering van spotters nie.

Wysheid van God kom vanweë Sy onverdiende genade. Dit is nie iets wat jy kan bekom of voor studeer nie. Dis is beslis nie iets wat jy van die wêreld en vriende kan bekom nie. Jy kan baie selfhelp-boeke vandag bekom, maar die meeste van dit is gebasseer op menslike wysheid en is daarop gerig om die mens se vlees te bou. Ons het nie meer “self help” nodig, maar werklik God se hulp. Begin om boeke eerder te lees wat geskryf is deur Gees Vervulde skrywers as om agter die raad van mense en “celebrities” aan te loop. Dit is hartseer dat mense soms meer van Oprah se sê-goed weet as wat in die Woord van God staan. Mense neem groot besluite oor hulle huwelike, besighede, kinderopvoeding en finansies op grond van wat die “mense” sê, eerder as op grond van die Woord van God.

In ons Journey het ons werklik God nodig! Ons het Sy inspraak in ons lewens nodig! Psalm 1:2 [NLV] Hy vind egter vreugde in die gebooie van die Here en oordink sy voorskrifte dag en nag. Ons het nodig om die Woord van God in ons lewens konstant te oordink. Dit gee aan ons die wysheid om die regte keuses en besluite te neem.

Jou lewe sal verander, dit sal sigbaar wees. Psalm 1:3 [NLV] Hy is soos ‘n boom geplant langs waterstrome, wat vrugte dra op die regte tyd. Sy blare verwelk nie; in alles wat hy doen, is hy voorspoedig. Jou lewe verander van staan en val, na ‘n lewe van goeie besluite en ‘n besliste meer konstante wandel sonder om elke keer te struikel en seer te kry. Dit veroorsaak ‘n impak op elke faset van jou lewe en jy beleef vrede en sterkte in jou journey.

Maak die bewuste keuse om nie die raad van Goddelose mense te soek en te volg maar om persoonlik self by God te hoor en Sy wil te soek in Sy Woord en dit alleen as voorskrif te gebruik in jou wandel met Hom.

Gebed:
Vader, ek maak vandag die belsuit om op te hou om na die raad van die Goddelose te luister. Ek wil U wil soek en ervaar. Ek vra na U wysheid en insig en dat U my sal lei. Help my om my oë op Jesus gevestig te hou en afhanklik van die leiding van die Heilige Gees te lewe en te wandel. Dankie dat ek ook op U kan vertrou om Goddelike mense op my pad te stuur wat ook kan help om rigting in my lewe aan te dui. Ek weet dat ek soos ‘n boom geplant by die water sal wees en dat vrug in my lewe sigbaar sal wees.

Oordink:
Wanneer ek staatmaak op God vir wysheid sal ek geseënd wees met vrug en sukses in alles wat ek doen.