INVLOEDRYK – elkEEN wen EEN
DAG 3 – GENOEG VIR ALMAL
“Toe hulle almal geëet het en versadig was, het hulle die stukke wat oorgebly het, opgetel: twaalf mandjies vol.” Matteus 14:20
“God’s economy is not scarcity. It is abundance.”
Die dissipels het na die skare gekyk en ’n probleem gesien.
“Ons het nie genoeg nie.”
Jesus het na dieselfde skare gekyk en gesê: “Gee julle vir hulle iets om te eet.”
Vyf brode.
Twee visse.
Dit klink belaglik min vir so baie mense.
Maar in Jesus se hande was dit genoeg.
Ons kan maklik na die wêreld kyk en dink:
Daar is te veel mense.
Te veel nood.
Te veel gebrokenheid.
Te veel probleme.
Wat kan ek nou eintlik doen?
Maar Jesus vra nie altyd vir ons om alles op te los nie.
Hy vra soms net: “Wat het jy?”
Jou tyd.
Jou geld.
Jou huis.
Jou tafel.
Jou vaardigheid.
Jou storie.
Jou gebed.
Jou twee hande.
Ons hoef nie te wag totdat ons genoeg het om te begin gee nie.
Ons begin met wat ons het.
En dan vertrou ons God met die res.
Die boodskap van Jesus is nie net dat God vir mense sorg nie.
Dit is ook dat Hy dikwels ons gebruik om daardie sorg sigbaar te maak.
Refleksie:
Wat het jy reeds in jou hande wat God dalk wil gebruik om iemand anders te help?
