DAGSTUKKIE Week 3 – Dag 4

INVLOEDRYK – elkEEN wen EEN

DAG 4 – DIE BOODSKAP HET VOETE

“Hoe wonderlik is die voete van dié wat die goeie boodskap verkondig!”  Romeine 10:15

“The gospel has feet.”

Dit is maklik om te sê: “Iemand moet iets doen.”
Iemand moet die mense help.
Iemand moet kos bring.
Iemand moet gaan kuier.
Iemand moet bid.
Iemand moet uitreik.
Iemand moet begin.

Maar die evangelie vra dikwels:  “Hoekom nie jy nie?”
Die boodskap het voete.
Dit beweeg.
Dit gaan na mense toe.

Jesus het nie gewag dat mense almal na Hom toe kom nie. Hy het mense gaan ontmoet waar hulle was.
Dit is ’n belangrike deel van kerkwees.
Ons kan ’n wonderlike kerkgebou hê.
Ons kan uitstekende byeenkomste hê.
Ons kan wonderlike musiek hê.
Maar as ons nooit by die mense uitkom wat Jesus ons gestuur het om te bereik nie, bly die boodskap binne ons mure.  Die kerk is nie net ’n plek waar mense inkom nie.

Dit is ’n mense wat uitgaan.
Na ons bure.
Na ons werkplekke.
Na skole.
Na hospitale.
Na mense wat swaarkry.
Na mense wat ver van God is.
Na mense wat dalk lanklaas gehoor het:  “Jy is welkom.”
Die goeie nuus van Jesus was nog altyd op pad.

Refleksie:
Na wie toe stuur God jou dalk wat jy tot nou toe gewag het om “self” na jou toe te kom?