DAGDTUKKIES – Dag 26

SY GENADE…MY STORIE – Die Ongeforseerde Ritme van Genade

DAG 26 – GOD SE WONDERLIKE VREDE

Fil 4:7 [NLV] En God se vrede, wat meer is as wat ‘n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.

Die pad wat ons hier op aarde loop is vol slaggate, aanvalle en teleurstellings. Vrede is nie die afwesigheid van hierdie dinge in jou lewe nie. Dit is nie die afwesigheid van onruswekkende situasies, uitdagings of dinge wat in jou lewe skeefloop nie. Dit is moontlik om in die midde van die grootste krisis te staan in jou lewe en God se vrede te ervaar. Dit is die vrede wat jy kan verwag omdat Jesus in jou lewe is. Dit maak nie sin dat jy vrede in hierdie situasies beleef nie.

Die wêreld se definisie van vrede is gebasser op vrede, harmonie en rustigheid op grond wat gebeur in die sensoriese realm. Dit wat jy kan waarneem. Vrede vir die wêreldling is om in n hangmat op ‘n rustige strand te lê met kos wat aangedra word en alle rekenings is betaal en geen probleem is in sig nie. Dan wanneer realiteit van die lewe inskop is al hulle vrede verlore.

Leer vandag dat jy nie kan toelaat dat uiterlike omstandighede jou vrede bepaal nie. Net Jesus kan aanraak wat jy voel en beleef in jou binneste. Dit is net Hy wat jou storm kan omkeer in vrede, Sy vrede. Met die Here in jou is jy so veilig soos Jesus se dissipels was ten tye van die storm op die see. Dit kan ‘n besliste invloed begin
inwerk op jou omstandighede om jou en in jou. Dit gee ‘n sekerheid aan jou en maak dat jy met die invloed van vrede leef wanneer ander wil beswyk.

Jou verandering in jou lewe kom nie vanweë omstandigheide wat verander nie. Jesus verander jou van binne na buite.

Gebed:
Vader, ek erken vandag dat die vrede wat die wêreld kan bied tydelik is. Wys my vandag en in die dae wat sal volg hoe ek kan wandel in U diep, blywende vrede wat alle verstand te bowe gaan. Dankie dat dit myne is deur die bloed van Jesus en dat dit ‘n vrede is wat die grootste aanslag nie van my kan wegneem nie.

Oordink:
God se innerlike vrede kan my uiterlike omstandighede verander